... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geloof Nie Emosies Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 28:1,2 Ek roep na U, Here, my Rots, moet tog nie doof wees vir my nie. As U bly swyg, sal ek wees soos 'n sterwende. Hoor my smeekstem as ek na U roep om hulp, as ek my hande in gebed uitsteek na die allerheiligste deel van u tempel.

Listen to the radio broadcast of

Geloof Nie Emosies Nie


Download audio file

Wanneer God ons roep om iets vir Hom te doen, is daar ‘n deeltjie van ons wat nog in ons gemaksone wil bly. Daar is ‘n traagheid, ‘n weerstand, ‘n vrees vir wat dit ons kan kos.

As jy in Jesus glo, is daar iets ernstig met jou verkeerd as jy nie al party dae so ‘n bietjie bang of traag, of selfs weerstandig gevoel het, om dít te doen waarvoor Jesus jou roep nie. Hy is nie op soek na trae, onwillige gelowiges nie, maar na dissipels wat bereid is om hul kruis op te neem om Hom te volg waar Hy ook al lei; en om ernstig betrokke te wees by sy taak om ‘n verlore en seer wêreld lief te hê en te red.

Jesus was ‘n afstammeling van Koning Dawid. Dawid se pad na die troon van Israel was gekenmerk deur talle benarde situasies. Daar was verskeie aanslae op sy lewe, maar hy het toegewyd en in diepe afhanklikheid God se roeping gehoorsaam. 

In een van daardie vreesaanjaende situasies het Dawid tot God geroep:

Psalm 28:1,2 Ek roep na U, Here, my Rots, moet tog nie doof wees vir my nie. As U bly swyg, sal ek wees soos ‘n sterwende. Hoor my smeekstem as ek na U roep om hulp, as ek my hande in gebed uitsteek na die allerheiligste deel van u tempel.

Bruce Wilkinson skryf in sy boek “Jabes se Gebed,” Jy sal byna altyd vrees ervaar wanneer jy ‘n nuwe grondgebied vir God begin inneem, maar jy sal ook die geweldige opwinding ervaar omdat jy nooit alleen is nie.

En wat ‘n geweldige opwindende vooruitsig is dit nie. Moet dus nie toelaat dat vrees jou keer nie. Volg Jesus waar Hy ook al lei, want dit maak nie saak hoe skrikwekkend dit raak nie, Hy sal jou hoor wanneer jy roep. Hy sal aan jou genade bewys.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.