... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ly Saam Met Christus

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Ly Saam Met Christus


Download audio file

Om onregverdig te ly is ‘n nagmerrie, nè? As jy ly omdat jy doen wat reg is, is dit al klaar baie erg. Maar, wanneer ons wel ly, omdat ons doen wat reg is, moet ons onthou dat ons nie die enigstes is, wat al gely het nie.

Ons het gister daaroor gesels – hierdie realiteit dat lyding ons geleentheid is om te groei na volwassenheid in Christus. Maar wanneer die lyding onregverdig is; wanneer ons gestraf word omdat ons doen wat reg is, is ons trots geneig om sy lelike kop uit te steek en om sodoende enige goeie werk wat God aan ons karakter wou doen, te blokkeer.

Daarom is die les van die Kruis so kragtig en leersaam:

1 Petrus 3:18 Ons moenie dink dis net ons wat onverdiend ly nie. Ook Christus het só gely toe Hy eens en vir altyd vir ons sondes gesterf het. Hy het nooit enige sonde gedoen nie; tog het Hy vir sondaars gesterf om julle by God te laat tuiskom. Wat sy liggaam betref, het Hy gesterf, maar wat sy gees betref, is Hy lewend gemaak. (NLV)

Dit is die ergste onreg in menseheugenis, toe Jesus, die Seun van God, wat nooit een keer gesondig het nie, en altyd goed aan ander gedoen het, aan die Kruis vasgespyker is om vir my en jou sonde te betaal. En net daar het ons ons rolmodel in Jesus, na wie ons kan kyk wanneer ons onregverdig ly. Hy was nie skuldig nie, maar Hy het dit vir ons gedoen. Alhoewel Hy deur mense doodgemaak is, kon die dood Hom nie gevange hou nie en is Hy weer deur die Gees lewend gemaak.

En dit … dit is die geestelike dimensie in lyding; in Jesus se lyding destyds en in ons lyding vandag. Want wanneer ons toelaat dat die Heilige Gees in ons en deur ons werk wanneer ons ly, bring Hy lewe. ‘n Nuwe lewe. ‘n Opstandingslewe, vry van die vernietigende kloue van ons sonde.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.