... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Meer Krag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 5:16 Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.

Listen to the radio broadcast of

Meer Krag


Download audio file

Die realiteit is, dat dit nie saak maak hoe sterk jy is nie; maar dat daar tye kom wanneer ons almal magteloos voel – magteloos om dié dinge in ons lewens te konfronteer en te hanteer en die bul by die horings te pak.

Ek is seker jy het ook al gevoel dat jy net nie opgewasse is om ‘n spesifieke uitdaging die hoof te bied of om ‘n hindernis te oorbrug nie. En nou praat ons van iets daar buite, sowel as iets in jou gedagtes of emosies.

En as jy slim is, sal jy bid en bid en bid. En ek weet, jy het al gebid, maar daar het nog steeds niks gebeur nie. Nouja, wat doen jy nou? Ek wil graag daardie vraag met ‘n ander vraag beantwoord. Hoe bid jy wanneer jy bid? Ek bedoel, hoe groot is jou geloof wanneer jy die troon van genade nader?

Jakobus 5:16 Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.

Daardie vers kom te midde van ‘n bespreking oor gebed vir genesing. Maar die twee dinge wat ek wil hê jy moet raaksien, is eerstens die gedeelte oor belydenis. Jy moet jou sonde bely, en as die sonde teenoor iemand anders is, of ‘n ander persoon op een of ander manier betrek, moet dit ook eers hanteer word. Hoekom? Omdat sonde baie dikwels die gewoonte het om God se verhoring van ons gebede, te blokkeer.

En die tweede is die feit dat wanneer ons, vergewe, rein, suiwer en “geregverdigd” voor God staan, op grond van ons geloof in Jesus, dan het ons gebed ‘n kragtige uitwerking!

Glo jy dit? Jy behoort dit te glo, want dit is waar!

Verstaan my mooi, God sal nie altyd ons gebede op ons tyd en op die wyse wat ons dit verwag, beantwoord nie; maar wanneer jy biddend lewe, sal jy ook ‘n lewe vol krag ervaar.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.