... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om Foute te Begaan

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 37:23,24 Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Om Foute te Begaan


Download audio file

Een van die lewe se groot frustrasies, is dat wanneer jy die regte ding wil doen, jy nie daarby uitkom om dit te doen nie. Of is dit net ek wat hiermee sukkel? Nee, ek dink nie so nie. Ons het die beste voornemens, maar dan loop dit skeef.

Noem dit wat jy wil – mislukking, ‘n struikelblok, sonde. Die benaming maak nie soveel saak as die uitkoms nie. Ek het ‘n diep begeerte om Jesus te volg. ‘n Ware passie, om die waarheid te sê. Ek hoop en bid dat dit met jou ook die geval is.

En wanneer ons die ware betekenis verstaan van wat Hy vir ons gedoen het toe Hy aan die kruis gesterf het om die prys wat God se geregtigheid vir ons sonde eis, te betaal, word die begeerte om Hom te eer, om Hom te volg, om Hom te dien en ja, om Hom te gehoorsaam, nog sterker.

En ons weet uit die Skrif, dat God dit begeer. Maar, wat nou gedaan? Wat doen ons as ons struikel? Wat doen ons as ons Hom faal?

Psalm 34: 23,24 Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas. (NLV)

Die Here wys inderdaad vir ons hoe ons moet lewe. Hy is inderdaad bly wanneer Hy sien dat ons so leef. Maar kyk nou ‘n bietjie na die volgende:

Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas.

Hy is hier. Hy is gereed. Hy wag om ons te ondersteun wanneer ons struikel, sodat ons nie val nie. Dit is goeie nuus, nie waar nie?

Dit lyk vir my dat ‘n struikeling wat jou nederig maak, baie beter is as ‘n prestasie wat jou trots maak, want dit maak jou afhanklik van God se genade.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.