... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat God vir Ons Voorberei het

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 2: 9,10 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet. Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.

Listen to the radio broadcast of

Wat God vir Ons Voorberei het


Download audio file

Dis snaaks hoe ‘n spul klein dingetjies kan uitkring tot iets baie groter as wat ons ooit kon verwag. Dis net ‘n bietjie ongerief hier, klein irritasietjies daar, en dan praat ons nie van al die eise wat ander mense aan jou stel nie. . . 

Dit is vreemd, ja, vreemd en onverwags … hoe die druk van die lewe toeneem, totdat dit jou regtig begin onderkry, sonder dat jy dit eers agterkom. Jy word eendag wakker en wonder: “Wat is fout met my?” En op daardie stadium lyk dit asof al die goeie dinge waarop jy gehoop het, al die skoonheid en sprankel uit jou lewe, verdwyn het.

Ek weet dat God jou vandag wil herinner aan sy skoonheid, sy ongelooflike plan vir jou lewe. En dis nie my woorde nie, maar sy Woord.

1 Korintiërs 2:9 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet. Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.

Paulus vertel ons dat hierdie geheime, oorweldigende bekoring en skoonheid van God vir die wêreld verborge is. Maar soos sy Heilige Gees daardie woord neem en dit aan ons harte openbaar, breek iets binne-in ons oop! 

My vriend, laat die Heilige Gees die skoonheid en heerlikheid van sy liefde vandag deur sy Woord aan jou openbaar. Hy het die dieptes van God deursoek om vir jou te wys wat Hy vir jou voorberei het. Jy kan die heerlikheid daarvan net nie vir jouself indink nie. Laat dit diep insink, want …

… dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.