... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat is die Koninkryk van God?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 6: 33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Listen to the radio broadcast of

Wat is die Koninkryk van God?


Download audio file

Christene praat sommer baie maklik oor die “Koninkryk van God”- dit klink so eenvoudig. Maar wag ‘n oomblik. Weet ons regtig wat dit beteken? Is ons bereid om te aanvaar wat dit beteken?

Deesdae is daar ‘n handjievol konings wat oor hul lande regeer. Hulle het beperkte uitvoerende mag en beklee eintlik hoofsaaklik net simboliese posisies. Maar in Jesus se tyd het ’n koning die mag van lewe en dood oor sy onderdane gehad.

Dit was dwarsdeur Israel se geskiedenis so, en beslis van toepassing op Caesar, toe die land deur die Romeine beset was. Wanneer Jesus dus van “die koninkryk van God” praat, praat Hy van absolute heerskappy en gesag. Kom ons kyk wat Jesus hieroor sê in:

Matteus 6:33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Met ander woorde, in plaas daarvan om al die dinge wat ek en jy in hierdie lewe wil hê na te jaag (en as ons eerlik is, is daar baie wêreldse dinge om te begeer), behoort die ding wat ons die meeste begeer, die koninkryk van God te wees. Dit behels om sy absolute heerskappy en gesag te aanvaar en om Hom te gehoorsaam en sy wil uit te voer. Is jy bereid om Hom Koning van jou lewe te maak – jou absolute prioriteit te maak … of nie?

Glenn Bleakney, ‘n Bybel-getroue leraar stel dit so: Sommige mense behandel God soos Saul vir Dawid behandel het: hulle wil hê Hy moet die reuse doodmaak en demone wegjaag, maar Hy moet nie as Koning regeer nie!

Om Jesus te volg beteken om tot bekering te kom; om weg te draai van jou sonde en om sy Gees toe te laat om jou lewe te transformeer, sodat, terwyl jy sy heerskappy as jou eerste prioriteit in jou lewe najaag, jy Hom gehoorsaam. Is dit wat jy regtig wil hê?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.