... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Profesie – Waar of Onwaar?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 1:5 Deur Hom het ek die genade ontvang om apostel te wees onder al die heidennasies, om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid te bring.

Listen to the radio broadcast of

Profesie – Waar of Onwaar?


Download audio file

Ek sien deesdae nogal baie mense op sosiale media wat beweer dat hulle apostels, profete en soortgelykes is. Ja, dis reg, dit is tog gawes waarvan die Nuwe Testament praat. Maar is hulle eg? Bestaan hulle werklik?

Dit is ou nuus dat die waarheid van die Evangelie van Christus vir gemene gewin misbruik en verdraai word. Dit gaan al vir eeue aan.

Maar tussen die swendelaars is daar diegene wat werklik deur God gesalf is om sy wil aan die samelewing en in ons lewens te openbaar. Soos ek gesê het, in Efesiërs 4:11 in die Nuwe Testament, is dit baie duidelik dat daar wel begaafde apostels, profete, evangeliste, herders en leraars is.

Die dilemma is hoe om te bepaal watter van hulle eg is – wie praat die waarheid en openbaar die wil van God, en wie verdraai die waarheid vir hulle eie gewin?

Wel, hier is die antwoord, soos die apostel Paulus in die 1ste eeu n.C. aan die kerk in Rome skryf:

Romeine 1:5 Deur Hom het ek die genade ontvang om apostel te wees onder al die heidennasies, om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid te bring.

Paulus het beweer dat hy ‘n apostel is. Die werk van ‘n apostel is om mense te lei om in Jesus te glo en Hom te gehoorsaam, en om dit alles te doen om Christus te eer. Ek het al gehoor dat mense sê dat ons ‘n profetiese kultuur geskep het, wat verslaaf is daaraan om God te hoor, maar allergies is om Hom te gehoorsaam.

Daar steek baie waarheid daarin. As iemand beweer dat hy namens God praat, moet hulle jou tot geloof in Jesus en gehoorsaamheid aan sy Lewende Woord oproep. As hulle dit nie doen nie, moet jy nie na hulle luister nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.