... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Oorleef of Oorwin …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 8:35,37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

Listen to the radio broadcast of

Oorleef of Oorwin …


Download audio file

Baie van ons sukkel om kop bo water te hou met alles wat deesdae in die wêreld daar buite aangaan; om nie eens te praat van die normale daaglikse goedjies wat ons moet hanteer nie. Maar is die lewe nie veronderstel om meer betekenisvol te wees as om net bloot te oorleef nie?

Ek het absoluut geen idee wat op die oomblik in jou lewe aangaan nie – die goeie, die slegte en selfs die lelike. Maar jy weet presies wat aangaan, nè? En God weet ook. En jy kan seker wees dat die duiwel dit ook weet. En weet jy, hy sal jou swakhede probeer uitbuit, om jou van God af weg te lok en jou te verniel.

En wanneer jy sukkel; wanneer die duiwel rondomtalie met jou emosies speel, voel dit inderdaad asof God al hoe verder van jou af wegbeweeg.

Maar, as jy jouself ooit in so ‘n situasie bevind, dan is dit tyd om heeltemal anders na jou penarie te kyk. Omdat gevoelens wispelturig is, is hulle alte dikwels ver van die van werklikheid verwyder. Maar kom ons kyk waarna ek verwys, as ek praat van die werklikheid in jou situasie:

Romeine 8:35,37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.

God se liefde is so ongelooflik, so geweldig groot, so diep, so sterk, so getrou dat niks – niks – jou van die liefde van Christus kan skei nie. Nie eers verdrukking of benoudheid of vervolging of hongersnood of naaktheid of geweld, kan ons van sy Liefde skei nie. Niks nie!

En as gevolg van daardie groot liefde, wil Hy hê dat jy ‘n oorwinnaar moet wees – dat jy jou emosies, en die moeilike situasie waarin jy verkeer, of wat jou ook al pla of teister, oorwin; nie net om dit te hanteer nie. Trouens, die waarheid is dat jy meer as ‘n oorwinnaar is, deur Hom wat vir jou liefhet. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.