... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Werk of Avontuur?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 4:18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

Listen to the radio broadcast of

Werk of Avontuur?


Download audio file

Waarmee vul jy jou dag? Miskien gaan jy uit om te werk? Of dalk is jy ‘n tuisteskepper? Of dalk is jy afgetree? Nouja, sê my, wat gaan ‘n groot deel van jou tyd gedurende hierdie nuwe jaar in beslag neem? 

As ék daardie vraag moet beantwoord, sal ek sê: ek werk, alhoewel “werk” nie so ‘n goeie beskrywing is van wat ek doen nie. Ja, ek het vroeër “werk toe gegaan” en ek het baie hard gewerk, maar sedert ek die roepstem van Jesus op my lewe volg, voel dit vir my asof ek nog nie ‘n enkele dag gewerk het nie. Verstaan jy wat ek bedoel? Wat van jou?

Jy weet baie goed dat dit nie beteken dat alle Christene hulle huidige bestaan vaarwel moet toeroep en in voltydse bediening moet ingaan nie. Maar aan die ander kant, wat ook al jou dagtaak is, behoort ons tog almal wat in Jesus glo, eintlik in ‘n voltydse bediening te wees.

Kyk wat Jesus gesê het, toe Hy vir Petrus en Andreas by die see ontmoet het:

Matteus 4:18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om ‘n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

Jesus het hierdie vissermanne van beroep, uitgedaag om vissers van mense te word; met ander woorde, Hy het hulle uitgedaag om hulle gawes en vermoëns te gebruik om die Goeie Nuus van Jesus met mense te deel. En kyk net watter wonderlike avonture het hulle beleef!

Iemand het eenkeer gesê, ‘n werk vul jou sakke. ’n Avontuur vul jou siel. Om die roepstem van Jesus te volg, en jou gawes en vermoëns op jou unieke manier te gebruik om ander van Hom te vertel, is ‘n ontsettende avontuur. Is jy gereed?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.