... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Word Nuuskierig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 25:2,3 Dit is God se reg om iets geheim te hou. Dit is konings se voorreg om uit te vind wat iets beteken. So min soos iemand die hoogte van die lug of die diepte van die aarde kan bepaal, net so min kan iemand peil wat aangaan in die gedagtes van konings.

Listen to the radio broadcast of

Word Nuuskierig


Download audio file

Het jy al ooit gevoel asof jy in ‘n groef verval het? Jy weet wat hulle sê; die verskil tussen ‘n groef en ‘n graf is die diepte daarvan. Maar of jy dit wil glo of nie, God het jou die vermoë gegee om uit daardie groef te kom!

Ek was in ‘n baie diep groef van neerslagtigheid. Ek het aanvanklik geglo dat daar geen uitweg is nie – my groef was net te diep. Ek het ontdek dat dit my verbeelding en kreatiwiteit smoor. En weet jy, dit is daardie eienskappe wat ons verbeeldingryke en kreatiewe God in ons DNS ingeweef het.

Apple-tegnologie is bekend vir hul innovasie en stylvolle ontwerp. Dit is wat hulle onderskei het en hulle, ten minste vir ‘n tyd lank, die welvarendste maatskappy ter wêreld gemaak het. Baie daarvan is te danke aan die kreatiwiteit en verbeelding van hul jarelange hoofontwerper, sir Jonny Ive, wat eenkeer gesê het:

Ek is doodbang en verontwaardig wanneer mense absoluut geen nuuskierigheid het nie. Dit is die oorsaak van soveel sosiale disfunksie en konflik.

Dit is ‘n sterk stelling om te maak, maar dit hou direk verband met dít waaroor ons vandag gesels, want nuuskierigheid is die vonk wat ons verbeelding en kreatiwiteit aan die brand steek. Dit is die eerste stap om uit daardie groef waarin jy is, te ontsnap. Maar moenie net vir my glo nie. Kyk wat staan in die Bybel in:

Spreuke 25:2,3 Dit is God se reg om iets geheim te hou. Dit is konings se voorreg om uit te vind wat iets beteken. So min soos iemand die hoogte van die lug of die diepte van die aarde kan bepaal, net so min kan iemand peil wat aangaan in die gedagtes van konings.

Ja, God hou dinge geheim en verberg dinge. Maar dit is ‘n wonderlike ding, wanneer ons, wat na sy beeld geskape is, nuuskierig genoeg word om dinge te ontdek. Dit is die eerste treetjie uit jou groef!

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.