... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Oorverdowende Klank van Nederigheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 3:9 -11 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terug beledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën. Want die Skrif sê: “As jy die lewe wil liefhê en goeie dae wil beleef, moet jy jou tong weghou van kwaadpraat en jou lippe van leuens. Bly weg van die kwaad af, ja, doen wat goed is. Soek vrede, ja, jaag dit na! (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Oorverdowende Klank van Nederigheid


Download audio file

Ek sorg dat ek die meeste van die tyd die nuus lees – plaaslik, nasionaal en internasionaal. Ek maak ook seker dat ek daagliks die Bybel, God se Woord, lees. Maar ek sê vir jou, die gaping tussen daardie twee word by die dag groter.

Die twintigste-eeuse teoloog, Carl Barth, het sy studente aangemoedig om ‘n Bybel in die een hand en ‘n koerant in die ander hand te hê. Dis goeie raad. Dit beteken dat jy van God hoor en verstaan wat in die wêreld aangaan. Maar nou moet ek bely dat ek party dae so kwaad word vir dít wat ek in die nuus lees. Hoe kan mense so optree? Hoe kan hulle so dom wees? Hoe kan hulle so boos wees?

Ek voel onmiddellik iets, wat ons Christene graag “geregverdigde woede” noem, in my hart opkom. Ek sou hulle eerder graag aan flarde wou skeur! En weet jy, deesdae is dit deur middel van die sosiale media, binne ons bereik. Maar is dit regtig wat God wil hê ons moet doen?

1 Petrus 3:9-11 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terug beledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën. Want die Skrif sê: “As jy die lewe wil liefhê en goeie dae wil beleef, moet jy jou tong weghou van kwaadpraat en jou lippe van leuens. Bly weg van die kwaad af, ja, doen wat goed is. Soek vrede, ja, jaag dit na! (NLV)

Petrus skryf hier aan Christene wat destyds gruwelik vervolg is. En wat is die kern van sy boodskap? Nederigheid. Ja ek weet, daar is tye wanneer ons moet praat. Maar die geluid van nederigheid in hierdie luidrugtige, eiesinnige wêreld is oorverdowend.

Moenie iemand wat julle beledig, terug beledig nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Help see God’s Word actively working in millions more lives!

Help see countless more lives touched and transformed by the living Word of God – month after month – by making your gift monthly!