... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Daar’s ‘n Wedloop Wat Voorlê

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

Listen to the radio broadcast of

Daar’s ‘n Wedloop Wat Voorlê


Download audio file

Nouja, terwyl jy gereed maak om die nuwe jaar aan te durf, mag ek jou vra, waar is die wenpaal vir jou? Wanneer sal jou wedloop verby wees?

Miskien dink jy dis ‘n bietjie vreemd vir ons om oor ‘n eindpunt te praat, terwyl ons eintlik net gereed maak om na volgende jaar se wegspringblok te stap. Maar kom ons wees realisties. Ons het elkeen ‘n eindpunt voor en die meeste van ons het geen benul van wanneer en waar dit gaan kom nie.

En dan gaan ons vrolik voort asof daar nie ‘n eindpunt vir ons wedloop hier op aarde bestaan nie. Maar daar is baie beslis ‘n eindpunt: ons liggaam sal finaal ingee, of Jesus sal terugkeer … watter een ook al eerste kom.

Dink mooi. Wat gaan jy tussen nou en jou eindpunt doen? Hoe gaan jy jou wedloop hardloop? Sal jy vasgevang word in die bekommernisse en die eise van hierdie wêreld, of sal jy fokus op die prys wat voorlê? Kom ons fokus dan gedurende die volgende jaar net daarop – aangesien ons eindpunt ons enige tyd kan verras. Hoe gaan jy volgende jaar jou wedloop hardloop? Kyk wat skryf die apostel Paulus in:

Filippense 3:14 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.

God bied vir jou ‘n wonderlike lewe; van nou af tot in alle ewigheid. Bly gefokus, hardloop met krag na die wenstreep, offer, dien, eer, verheerlik jou God. Want die prys – die ewige lewe in Christus Jesus – is absoluut die moeite werd.

Hou aan om te hardloop.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.