... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hierdie Is Vir Jou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Efesiërs 3:17 dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.

Listen to the radio broadcast of

Hierdie Is Vir Jou


Download audio file

Dis naweek – hoera! Hopelik is dit vir jou ook geleentheid vir ‘n ruskansie. Maar op hierdie rusdag is daar iets wat ek graag met jou wil deel.

Dit is vir my ‘n seën en enorme voorreg om saam met jou en baie ander mense dwarsdeur die wêreld oor die dinge van God te kan praat deur hierdie daaglikse VARS-boodskappe.

Hoewel ek jou nie persoonlik ken nie, bid ek vir jou en vir almal wat elke dag in enige van die meer as ’n dosyn tale kyk, hoor of lees. Weet jy, dat jy die rede is waarom ek doen wat ek doen; jy is die een persoon waarvoor ek diep in my hart bid. Hier is my gebed vir jou:

Efesiërs 3:17 dat Christus deur die geloof in jou hart sal woon en dat jy in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.

Want Jesus verander alles. Alles!

Ons kan baie hard probeer om beter mense te word; om sonde en versoeking te oorwin; om ons stukkende verhoudings self te genees; om … wat ook al, en tog is dit meestal ‘n stryd wat ons sal verloor.

Maar wanneer Christus deur geloof in ons harte woon, wanneer ons deur sy Gees en sy Woord al hoe nader aan Hom kom … dis wanneer ons liefde floreer; dis wanneer ons in liefde opgebou word; dis wanneer ons lewens, meer en meer, die heerlikheid van die Een wat sy lewe vir ons gegee het, weerspieël. Daarom …

Bid ek dat Christus deur die geloof in jou hart sal woon en dat jy in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.