... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Lyding wat Jou Hart wil Breek

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 5:10 God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle 'n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.

Listen to the radio broadcast of

Lyding wat Jou Hart wil Breek


Download audio file

Lyding is een van daardie onverklaarbare dinge in die lewe wat jou geloof maklik kan vernietig. Hoe kan ‘n liefdevolle God toelaat dat ek so swaarkry? Hoe?!!

Ek wonder of ek jou vandag net rustig kan vra om terug te sit en te dink aan die ergste lyding wat jy in jou lewe ervaar het? Dink aan daardie een ding, daardie een gebroke verhouding, daardie een verskriklike situasie, wat jou uitmekaar geskeur het; wat jou amper vernietig het…

Ek wonder of jy, wanneer jy dink aan die mens wat jy vandag is, en dit vergelyk met die persoon wat jy voor daardie ontstellende stukkie lyding in jou lewe was, ‘n verandering kan sien?

Wat het daardie lyding aan jou karakter gedoen? Het dit van jou growwe kante afgeskuur; het dit jou dalk saggemaak? Het dit jou meer gemoedelik gemaak? Jou meer verdraagsaam gemaak? Of het dit jou laat besef dat jy nie so belangrik is, as wat jy dink nie, of het dit jou selfs nederig gemaak? Wat was die gevolg van daardie lyding op jou?

1 Petrus 5:10 God wat alle genade gee en wat julle geroep het om in Christus Jesus deel te hê aan sy ewige heerlikheid, sal julle, nadat julle ‘n kort tydjie gely het, self weer oprig en julle moedig, sterk en standvastig maak.

God herstel. Hy verander nie noodwendig ons omstandighede nie, maar na ‘n kort tydjie van swaarkry, herstel Hy ons self. Wat Hy doen, is van blywende waarde. Hy bou ons karakter, Hy versterk ons, Hy ondersteun ons, Hy maak ons standvastig. Daarbenewens gee Hy aan ons sy genade om in Jesus deel te hê aan ‘n ewigheid by Hom. 

Ja, my vriend, dit verander jou. Jy kan nie anders as om daardeur verander te word nie! Daarom is dit dikwels daardie dinge wat jou hart breek, wat uiteindelik jou visie op Hom fokus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.