... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Maak Kinders Groot om Veerkragtig te Wees

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 23:13 Moenie huiwer om 'n kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy lewe.

Listen to the radio broadcast of

Maak Kinders Groot om Veerkragtig te Wees


Download audio file

Die ou Bybelse spreekwoord dat diegene wat die roede spaar, die kind bederf, word deesdae as polities nie korrek beskou nie. En, ja, daar is baie beter maniere om ons kinders te dissiplineer as om hulle te slaan. Maar ons moet hulle dissiplineer. Ons moet!

Ek het tydens my leeftyd ‘n aandeel daarin gehad om vyf kinders groot te maak … en daar is twee dinge wat ek jou sommer baie gou kan vertel. Nommer een – ek was ver van die perfekte pa af. Nommer twee – om kinders groot te maak, is een van die moeilikste opdragte wat jy ooit in die lewe teëkom.

Daar is goeie tye, baie van hulle! Maar party dae verg die proses senuwees van staal. En dit is ‘n maraton, wat vlakke van uithouvermoë, waartoe nie een van ons ooit gedink het ons sou opgewasse voor wees nie, vereis.

Maar dit is ‘n belegging wat ongelooflike dividende kan oplewer. Dit is vir my ‘n groot bron van dankbaarheid om te sien hoe my kinders grootgeword het. Hulle is vandag ordentlike, respektabele, verantwoordelike lede van die samelewing en self ook ouers.

Maar weet jy, om daardie dividend te kan kry, moet jy die belegging maak … en dit is nie altyd maklik nie.

Spreuke 23:13 Moenie huiwer om ‘n kind te straf nie, want as jy hom slaan, red jy sy lewe.

Soos ek gesê het, ek dink daar is deesdae inderdaad meer effektiewe maniere om kinders te dissiplineer, maar ons moet hulle dissiplineer. Die hedendaagse neiging om kinders te bederf, lei tot bedorwe volwassenes. Dit lewer mense sonder die veerkragtigheid wat hulle nodig het om die lewe in die oë te kyk.

Soos Michael Anderson van Focus on the Family dit stel: Vir die meeste van ons kinders sal hul lewe moeiliker wees as wat hulle verwag. En dit is ons taak om hulle veerkragtig genoeg te kry om daardie moeilike omstandighede te kan hanteer.

Korrigeer jou kinders wanneer hulle dit nodig het. Jy kan heel moontlik hul lewens red.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.