... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Uitstel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Samuel 15:22 Maar Samuel antwoord: “Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme..

Listen to the radio broadcast of

Uitstel


Download audio file

Kan ek jou vra: wat is dit wat jou verhinder om alles vir Jesus neer te lê? Is jy bereid om, wat Hy ook al van jou vra, op te offer? Ons almal het iets waaraan ons vashou. Wat is jou ‘iets’?

 

Die grootste deel van my lewe het ek ‘n sterk vermoede gehad dat Jesus is wie Hy sê Hy is. En iets in my hart het geweet dat ek eendag my lewe vir Hom sou leef.   Maar ek was onervare – ek moes nog dinge doen, plekke besoek, lewenservaring opdoen … geld verdien. Maar weet jy dat geen van hierdie dinge daardie leemte in my gevul het nie. Diep binne-in my het ek altyd leeg gevoel.   Die rede waarom ek huiwerig was, was omdat ek geweet het dat ek iets moes prysgee. En dít was die verkeerde dinge wat ek nagejaag het.   In 1 Samuel 15:22 lees ons: Maar Samuel antwoord: “Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme.   Gehoorsaamheid. Dit was my probleem. Ek was bang vir dit wat ek moes prysgee. Ek het geweet dat Jesus daar was vir my, maar ek was bang om daardie stap nader aan Hom te neem. As ek nou terugkyk, kan ek selfs gedurende daardie jare, sy hand in my lewe raaksien. En deur daardie vormings jare het Hy my gemaak wie ek is en ek het geen berou daaroor nie.   Daar is net een ding in my lewe wat ek graag sou wou verander: dat ek, toe ek sy stil stem my hoor roep, nie baie vinniger geantwoord het nie. Want weet jy, die dinge wat Hy my gevra het om op te gee, was niks in vergelyking met wat ek gekry het nie.   Moenie bang wees om op sy roepstem te antwoord nie. Dit is absoluut die moeite werd!   Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge