... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Vergewe Mekaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Listen to the radio broadcast of

Vergewe Mekaar


Download audio file

Woede is ‘n emosie wat af en toe in ons harte ontketen word in situasies waar ons verontreg voel, of wanneer iemand anders soos ‘n volslae dwaas optree, of wanneer … wel, daar’s baie redes. Dit is nogal ‘n natuurlike reaksie.

Maar so natuurlik as wat dit mag wees, is daar twee, baie werklike gevare. Die eerste is, dat ons in die hitte van die stryd dinge kan sê of doen, wat so skadelik is dat dit nooit uitgewis kan word nie. Die tweede is, dat wanneer ons ons woede toelaat om te ontvlam, daar ‘n verterende verrotting intree, wat ons perspektief verdraai en ons verhoudings vernietig. 

So natuurlik as wat die woede-reaksie ook al mag wees, word dit ongelooflik vernietigend wanneer ons dit as ‘n wapen gebruik. Nou wat is dan die sleutel om daardie woede vinnig en veilig te ontlont, wanneer jou hele wese reg is om te ontplof?

Kolossense 3:13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Regtig? Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar. Dis baie makliker gesê as gedaan! Vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Dit vertel ons wat ons moet doen, maar nie hoe ons dit gaan regkry nie. Maar wat ek en jy in die hitte van die stryd moet weet, is nie soseer wat ons moet doen nie, maar hoe om ons woede te beteuel.

Hier is die antwoord! Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Jesus het met sy lewe aan die Kruis die prys vir ons sonde betaal, sodat ek en jy vergewe kan word. Die teenmiddel is dus om in die daardie plofbare situasie na die Kruis te gaan en te besef dat Jesus se vergifnis die oplossing is. Dié besef sal ons woede laat bedaar en ons toelaat om te vergewe soos ons vergewe is. Dit is die resep wat ons nog altyd nodig gehad het, die manier om te weet hoe dit gedoen moet word.

Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.