... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat is die Belangrikste?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:14 Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.

Listen to the radio broadcast of

Wat is die Belangrikste?


Download audio file

Dit is moeilik om jou prioriteite te bepaal wanneer jy baie hooi op jou vurk het. Jy moet dít doen, jy moet dát doen, en jy moet nog die ander ding ook doen, en dan jaag jy soos ‘n afkop hoender rond en probeer om alles gedaan te kry.

Ek en my vrou het onlangs verhuis om nader aan ons kleinkinders te woon. Dit was ‘n besluit waaroor ons baie opgewonde was. Maar menige mense wat al ooit getrek het, sal beaam dat dit een van die mees stresvolle dinge is wat jy kan doen.

Jy moet jou goedjies uitsorteer, oppak, water en elektrisiteit by albei huise organiseer, jou adres verander, ensovoorts, ensovoorts – en dit moet alles gedoen word voor die dag wanneer die groot trek aanbreek! Dan kom die trek, die uitpak van die bokse, die besluite oor waar om goed te sit – dit is soos twee dolle weke van fisiese en geestelike uitputting.

Halfpad deur ons verhuisingsproses het ek skielik besef dat ek en my vrou, onder al daardie druk, kortgebonde met mekaar geraak het. Ons het kortaf met mekaar begin praat op ‘n manier wat ons nie gewoonlik doen nie.

“Wag ‘n oomblik,” het ek gedink. “Dit is nie reg nie.” En dit was nie! Dit is nooit reg nie. ‘Druk’ is geen verskoning vir daardie soort gedrag nie.

Kolossense 3:14 Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.

Soms moet jy, wanneer jy onder sulke druk verkeer, net stop en diep asemhaal – en dis presies was ons tydens ons verhuising gedoen het – ons het net weer besef dat die belangrikste ding van ons nuwe lewe is, om mekaar lief te hê.

Snap jy dit? Dit is dié belangrikste ding! Liefde is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.

Dit maak nie saak hoe deurmekaar dinge rondom jou is nie, onder hoeveel druk jy verkeer nie, onthou altyd: die belangrikste ding is liefde.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.