... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bitter Kruie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Eksodus 12:8 Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie.

Listen to the radio broadcast of

Bitter Kruie


Download audio file

Hierdie hele idee van “sonde”, nou ja, dit is nie ‘n besonder gewilde onderwerp in vandag se tyd nie, nè? En tog weet ek en jy albei dat wanneer ons iets verkeerd doen, dit gevolge het. Dit laat so ‘n bitter smaak in jou mond.

Ja, sonde het bittere gevolge, maak nie saak hoe aanloklik die versoeking aanvanklik gelyk het nie. Ons kan nie oor Paasfees praat sonder om oor ons sonde te praat nie, want dit is juis die rede waarom Jesus, die Lam van God, wat die sonde van die wêreld wegneem, aan Kruis gesterf het. Hy het gekom om die prys wat God se geregtigheid vir ons sonde eis, te betaal.

Die afgelope paar dae het ons gesels oor die ryk simboliek van die Pasgamaal, die Pasga Seder, soos dit genoem word. Want dit herdenk die tyd toe God ongeveer anderhalf millennium voordat Jesus gekruisig is, sy volk vrygemaak het van slawerny in Egipte. Hy het hulle beveel om ‘n lam te slag en van sy bloed op hulle deurkosyne te verf, sodat die doodsengel, in die laaste van die tien plae oor Egipte, hulle huise sou oorslaan.

Die Israeliete is beveel om die geslagte lam met bitter kruie en ongesuurde brode te eet, voordat hulle die volgende dag Egipte sou verlaat.

Eksodus 12:8 Nog dieselfde nag moet julle die vleis eet. Julle moet dit gebraai eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie.

Bitter kruie? Hoekom? Wel, dit was ‘n simbool wat die Israeliete baie goed verstaan het, want hul ervaring as slawe van Egipte was ‘n verskriklike bitter een.

Die bitter kruie is ‘n herinnering vir my en vir jou, dat sonde ons in ‘n bitter slawerny dompel en dat dit nie iets is waaraan ons wil vashou nie. Dis tog hoekom Jesus gekom het – die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.