... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Krag Om Heilig te Leef

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 3:17 “Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.

Listen to the radio broadcast of

Die Krag Om Heilig te Leef


Download audio file

Oorwinning oor sonde, veral daardie één sonde wat aanhou terugkom om jou keer op keer te pootjie, is aan die eenkant ‘n uitgemaakte saak; maar aan die anderkant is dit iets wat menige Christene ontwyk.

Dit is ‘n ernstige probleem, nè? Jesus het ons vrygemaak en tog hou ons aan met sondig. Kom ons praat nou eers oor die waarheid dat Jesus ons vrygemaak het van die mag van sonde.

Romeine 6:6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.

Daar is dit swart op wit – die krag van die Kruis maak ons vry van die mag van sonde. Gister het ons gepraat oor die rol wat ons verstand daarin speel. Neuroplastisiteit werk so: gewoontes is in ons brein soos voetpaadjies in die veld. Dit verg moeite om ‘n nuwe voetpaadjies oop te trap en terwyl ons dit doen, groei die ou verkeerde paadjies toe. God het ons breine so wonderbaarlik gemaak dat ons, met volgehoue deursettingsvermoë, slegte gewoontes in goeies kan verander.

Maar wag nou, so maklik is dit nie. Deur diep aan ons sondige gewoontes te dink en dit in ons koppe te probeer regstel, werk nie. As dit die geval was, sou ons nie vir Jesus nodig gehad het nie. Wat ons kortkom is werklike krag – die krag wat die Heilige Gees ons kan gee.

2 Korintiërs 3:17Die Here” beteken hier “die Gees”, en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.

Ek en jy kan dit nie op ons eie doen nie. Ons het krag van die Heilige Gees nodig. God het dit altyd geweet. Daarom het Hy sy Gees die oomblik toe ons in Jesus geglo het, in oorvloed op ons uitgestort.

en waar die Gees van die Here is, is daar vryheid.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.