... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Opdrag om te Vergeef

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 3:13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Jesus het aan die kruis gesterf sodat ek en jy vergewe kan word. Hy het uit die dood opgestaan sodat ons tot in alle ewigheid nuwe lewens kan hê. Daarom noem ons dit die ‘Goeie Nuus’. Maar ek wonder wat gebeur as ons nie aan die ontvangkant van die vergifnis is nie. Ek wonder. . . 

Die feit dat ek en jy deur God vergewe word deur die finale offer wat Jesus gebring het, is goeie nuus. Dit is nuus wat ons graag hoor; dit is nuus wat ons goed laat voel. As ons in Hom, en slegs in Hom alleen glo, weet ons Hy het die prys vir ons sonde betaal en ons bevry van die toorn van God en van die ewige skeiding van God. Halleluja.

Maar hoe vergewensgesind is ons? As iemand anders ons ‘n onreg aandoen – soos ons in die verlede vir God aangedoen het – is ons bereid om die reg op te gee om vergelding te eis, en om te vergewe? Kyk wat sê:

Kolossense 3:13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

Ek kan met een vernietigende ‘kyk’, ‘n mens op dertig tree plat vee. Ek is ernstig. En die ‘kyk’ was vroeër alles behalwe lekker vir diegene wat my ‘n onreg aangedoen het. Maar, as ek die Goeie Nuus van Jesus ernstig wil opneem, as jy dit ernstig wil opneem, dan moet ons die goeie nuus van vergifnis teenoor ander mense uitleef. Ons word opgeroep – nee, eintlik beveel – om ander te vergewe, want deur die lyding van Jesus, het God ons vergewe. Ons word nie vriendelik uitgenooi om te vergewe nie. Dit is ‘n opdrag.

Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar.

Hoekom? Omdat die Here Jesus jou deur sy eie lyding aan die kruis vergewe het. Laat ek jou dus vra: Is jy vergewensgesind of nie?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.