... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Vermenigvuldigingsbeginsel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 9:10,11 God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word,

Een van die groot foute wat ek en jy dikwels maak, is om God deur ons eie beperkings te beperk. Ons sien ‘n groot probleem; ‘n groot behoefte en ons kyk na die klein bietjie wat ons in ons hande het en kom tot die gevolgtrekking dat dit eenvoudig nie genoeg is nie.

Onthou jy toe Jesus vir vyfduisend mense met twee klein vissies en vyf garsbrode gevoed het? Die opdrag het onmoontlik gelyk. “Stuur hulle weg,” het die dissipels vir Jesus gesê. Maar Hy het geantwoord: “Nee, gee julle vir hulle iets om te eet.

As ek een van die twaalf was, sou ek gedink het, “Wat? Is jy mal?” En dieselfde is vandag nog waar. Ons kyk na ‘n probleem, oorweeg die oplossing en dink by onsself: “Dis onmoontlik. Weet jy hoeveel dit gaan kos? Het jy enige idee? Boonop het ons nog nooit voorheen so iets gedoen nie!”

Maar hoekom dink ons dat God deur ons beperkinge beperk moet word? Wat laat ons dink dat Hy nie ons vermoëns, of gebrek daaraan, in ag geneem het, toe Hy ons geroep het om deel van sy magtige werke te wees nie? 

In 2 Korintiërs 9:10,11 staan: God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer. Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word,

Wie gee ons die saad in die eerste plek? God gee dit! Wie laat die saad groei? God doen dit! Wie sal ‘n groot oes lewer? God sal! Trouens, Hy sal voorsien. Waarom? Sodat jy altyd vrylik kan gee.

Moenie God beperk nie. Plant die saad wat Hy vir jou gegee het.

Dit is  Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.