... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Luister

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:25,26 “Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Listen to the radio broadcast of

Luister


Download audio file

As God net met ons sou praat! As die hemel net sou oopgaan en God sou praat wanneer ons Hom nodig het. As Hy net in daardie moeilike oomblikke, in daardie oomblikke waar ons onbekwaam voel om aan te gaan, in daardie oomblikke waar ons God se wysheid nodig het, net met ons sou praat. As dit maar so maklik was…

Stel jou voor dat jy een van die twaalf dissipels is. Jy staan elke oggend op. Jy gaan lang ente stap en uitdagings langs die pad beleef. Maar as daar ‘n situasie opduik, een waarvoor jy nie opgewasse voel nie, as jou eie wysheid ontbreek, nou-ja … al wat jy hoef te doen, is om na Jesus te draai en Hom te vra. Hy is immers net daar by jou. Dit sou opwindend gewees het, nie waar nie?

Natuurlik is Hy deesdae nie in sigbare vorm by ons nie, maar Hy het geweet dat daar tye in ons lewens sou wees wanneer ons sy wysheid nodig sal hê. Tye wanneer ons gekonfronteer word met dinge wat ons nie alleen kan hanteer nie. Hoe weet ons dit? Want teen die einde, voordat Hy gekruisig is, het Hy dit aan sy dissipels gesê:

Johannes 14: 25,26 “Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Die Heilige Gees sal ons die dinge vertel wat Jesus vir sy dissipels gesê het. Dit is die belofte. En Hy praat vandag nog hoofsaaklik deur die Bybel met ons, maar ook op allerlei ander maniere. 

Soms praat die Here deur ander mense. Dis nogal interessant hoe ek jare gelede in my hart van ‘n spesifieke sonde oortuig is, terwyl ek na ‘n kinderfliek gekyk het.

Moenie ‘n fout maak nie, as jy in Jesus glo, leef die Heilige Gees in jou en Hy sal jou in die waarheid lei. Luister na Hom. Hy is baie slimmer as jy.

Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.