... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Ongesonde Versuim

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 1:22 Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

‘n Ongesonde Versuim


Download audio file

Op ‘n sekere stadium in jou lewe het elkeen wat sê dat hy in Jesus glo, ‘n belangrike keuse om te maak. Hy moet besluit of hy werklik sal doen wat Jesus vir hom sê, en of hy net met sy lewe sal voortgaan soos gewoonlik?

Een van die dinge wat ek opgelet het by mense wat bely dat hulle in Jesus glo, is dat dit soms is vir hulle baie moeilik om hulle los te skeur van dít waaraan hulle gewoond is, en te doen wat Hy vir hulle sê – vir ons sê – om te doen. 

Nou ja, baie van daardie dinge is nogal ongerieflik om te gehoorsaam. Wees lief vir jou vyand. Draai die ander wang. Stap die ekstra myl. As ons eerlik is, sal ons erken dat ons in ‘n mindere of meerdere mate, almal daarmee sukkel. Maar soos ek gesê het, iewers langs die pad moet ons elkeen ‘n besluit neem.

Óf ons neem Hom ernstig op, en begin ons lewens op sy manier leef, óf ons gaan voort soos gewoonlik, en ignoreer die dele waarvan ons nie hou nie. Die eerste opsie vereis ‘n besluit, maar die tweede een vra geen besluit nie. Waar is jy op jou geestelike reis? Het jy al ‘n besluit geneem … of nie?

Jakobus 1:22 Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself. (NLV)

Met ander woorde, as ons bloot hoorders van die Woord is, eerder as doeners, en as ons op die ou trant voortgaan, is ons lewe ‘n klug. Ons leef ‘n leuen.

Ek het iemand eenmaal hoor sê: jy hou dalk ‘n Bybel in jou hand, jy preek selfs daaruit, maar leef jy daaruit? Dit is ‘n baie goeie vraag, want as dit nie jou lewe verander nie, bedrieg jy jouself.

Miskien is vandag die dag om daaroor na te dink. Miskien is vandag die dag vir jou om daardie Christus-eerste-besluit vir eens en vir altyd te neem.

Komaan! Wees ‘n dader van die Woord, nie bloot ‘n hoorder wat die res van jou lewe as ‘n leuen leef nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.