... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Word Bevry

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Ons het gister gepraat oor hoe ons moet ophou met ons gewoonte-sondes; oor hoe om ons daarvan te bekeer deur die regte ding, in plaas van die verkeerde ding oor en oor, te doen. Die enigste probleem daarmee is dat dit nie maklik is nie. O nee, dis nie.

Ek was ‘n strawwe roker van so drie pakkies sigarette per dag. Ek kan jou dus uit ervaring vertel dat slegte gewoontes moeilik is om te verbreek. Net soos met die nikotien-verslawing, klou ons daaraan vas, al weet ons die gewoontes besig is om ons dood te maak.

Ons wil dikwels nie gewoontes soos oneerlikheid, seksuele immoraliteit, woede, jaloesie en trots laat gaan nie. Dit lyk asof hulle vasklou aan ons. Dit is soos om in ‘n dwangbaadjie te wees waaruit die gevangene nie kan loskom nie. Nou-ja, wat is die antwoord? Hoe kan ons ontslae raak van ons slegte gewoontes?

Romeine 12: 2 sê: Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Dit blyk dat God in die transformasie-bedryf besig is. Die oorspronklike Griekse woord metamorphoo vertaal ons as om ons denke te vernuwe. Paulus beskryf dit as die manier waarop ons ‘n diepe, kragtige metamorfose ons eie kan maak. So sal ons deur die beproewinge van die lewe, dít wat vir God goed, aanneemlik en volmaak is, kan bereik.

Ek weet nie van jou nie, maar wanneer ek God se Woord in my hart ontvang, is dit soos ‘n spieël vir my siel. Die Heilige Gees skyn sy lig in die donker plekke en dan vind wonderbaarlike dinge plaas. Dit gee my die kans gee om te doen wat Hy my gewys het om te doen.

Moenie ‘n fout maak nie. God is besig met ‘n transformasie proses.

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.