... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gereed om te Sterf

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 10: 8,9 Nee, die Skrif sê: “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

Listen to the radio broadcast of

Gereed om te Sterf


Download audio file

Ek het onlangs saam met ou vriende van my geëet. Hulle was regtig ‘ou’ vriende. Sy was in haar tagtigs en hy in sy negentigs. Terwyl ons gesels, besef ek dat hulle op hul ouderdom ‘n heel ander siening van die lewe het as ek.

Nie een van ons hou daarvan om te veel oor die dood te dink nie, maar of ons wil of nie, dis ‘n werklikheid. Ek en jy sal eendag ons laaste asem op hierdie aarde uitblaas. Ons kan nou grappies maak oor die dood, maar as die dood ons in die gesig staar – soos dit eendag sal – is dit nie ‘n grap nie.

Ek was altyd bang vir die dood. Ek onthou hoe ek ‘n paar jaar gelede op ‘n vlug na Christchurch in Nieu-Seeland ‘n angswekkende landing beleef het. ‘n Koue front het deur die lughawe beweeg net toe ons land. Ek was so bang. Maar toe verander iets vir my.

Diep in my hart, het ek my lewe, elke greintjie van my wese in Jesus se hande geplaas. Hoe?

Ek het gesê: “Here alles wat ek is en alles wat ek het, ek elke hoop en elke droom. Gee ek vir U.” Dit het beteken dat ek op Hom vertrou en in Hom glo, en dat ek weet dat, omdat Hy gesterf het om vir my sondes te betaal, ek vir ewig sal lewe. En sonder dat ek dit eers besef het, het die vrees vir die dood verdwyn.

Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, ek het soveel om voor te leef en so baie wat ek nog wil doen. Maar wanneer daardie dag aanbreek . . . Ek is gereed. Ons lees in:

Romeine 10: 8,9 Nee, die Skrif sê: “Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart.” En hierdie woord is die boodskap van die geloof, en dit is wat ons verkondig: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.

Wat van jou? Is jy gereed?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge