... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kom Ons Probeer Weer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Eksodus 34:6,7 Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.”

Listen to the radio broadcast of

Kom Ons Probeer Weer


Download audio file

God se aard; die wese van wie Hy werklik is, kan maklik verkeerd verstaan word, omdat God Homself as ‘n God van liefde en ook as ‘n God van oordeel openbaar; ‘n God van vergifnis en ook ‘n God van straf, wat uiteindelik tot ewige verdoemenis lei.

Geen wonder mense is verward nie. Geen wonder dat sommige mense Hom op grond van die oënskynlike teenstrydigheid van daardie twee verskillende aspekte van sy natuur, verwerp nie.

Toe Moses destyds op die berg Sinai was en die tafels met die Tien Gebooie ontvang het, was die Israeliete, God se eie volk, besig om ‘n valse afgod – ‘n goue kalf – te aanbid.

God was woedend en wou ‘n ramp oor hulle bring. Ja, Moses was self so ontsteld dat hy die kliptafels stukkend geslaan het. Hy het egter berou gekry en vir God gesmeek om genadig te wees en om te vergewe. Daarom het God vir Moses beveel om ‘n tweede keer teen die berg op te gaan … Ons sien in:

Eksodus 34:6,7 Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: “Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag.”

God is ‘n God van geregtigheid. Ja, ons sonde maak Hom kwaad. Maar wanneer ons terugdraai, wanneer ons ons van ons verkeerde weë bekeer, vergewe Hy ons altyd. Hy is vol groot liefde. Hy kan vertrou word. Maar dié wat nie na Hom terugdraai nie, dié wat hulle nie van hul sonde bekeer nie, wel … hy vergeet nie om skuldige mense te straf nie.

Die Here is ‘n barmhartige en genadige God.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.