... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Om God se Nabyheid te Begeer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Eksodus 33:18-20 Toe vra Moses: “Kan ek nie maar u heerlikheid sien nie?” Die Here sê vir hom: “Ek sal jou iets van my goedheid laat sien en Ek sal jou my stem laat hoor wanneer Ek my Naam ‘die Here’ uitroep. Ek gee genade aan dié wat Ek wil, en ontferming aan dié wat Ek wil.” Hy sê toe vir hom: “Jy durf nie my gesig sien nie. Geen mens sal bly leef as hy sien hoe die Here lyk nie.” (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Om God se Nabyheid te Begeer


Download audio file

Elkeen van ons het ‘n hunkering na betekenis. Baie mense begeer dit, maar hulle sukkel om daardie betekenis vas te vat. Dit is uiteindelik net ‘n groot verlange, ‘n verlange na iets wat heilig is. . . 

Ek het vir baie jare gesmag na daardie vervulling. Ek het oral daarna gesoek, maar niks kon daardie honger in my hart stil nie. Dit is die soort verlange wat Moses, een van die Ou Testamentiese geloofshelde, ook ervaar het.

Eksodus 33:18-20 Toe vra Moses: “Kan ek nie maar u heerlikheid sien nie?” Die Here sê vir hom: “Ek sal jou iets van my goedheid laat sien en Ek sal jou my stem laat hoor wanneer Ek my Naam ‘die Here’ uitroep. Ek gee genade aan dié wat Ek wil, en ontferming aan dié wat Ek wil.” (NLV)

Hy sê toe vir hom: “Jy durf nie my gesig sien nie. Geen mens sal bly leef as hy sien hoe die Here lyk nie.”

Moses het God se teenwoordigheid begeer. Hy wou God sien, God ervaar, God ken. Maar God het geweet dat niemand, nie eers sy dienaar Moses, dit sou oorleef om sy gesig te sien nie. God het dus vir hom iets minder gewys – sy liefde, sy genade – sy volmaakte goedheid. . . maar nie sy aangesig nie.

God het self sy eie naam uitgeroep – die Here; YAHWEH. En dit was ‘n naam wat die Israeliete nie eers hardop durf sê nie, want dit was te heilig!

God was verhewe en ver weg, tot op die dag wat… Jesus aarde toe gekom het. Tot op daardie dag toe ons drie-enige God as ‘n man in ons midde kom wandel het, en Jesus kon sê: Wie My sien, sien die Vader..”

Weet jy, dat indien jy daardie diep verlange het, daardie verlange wat vir ‘n leeftyd onvervuld was, is die antwoord: God. En nou … kan jy sy gesig sien – Jesus.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.