... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Persoonlike Verhaal

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 3:16 God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Listen to the radio broadcast of

‘n Persoonlike Verhaal


Download audio file

Ek het geen idee waar jy in jou lewe en in jou verhouding met God staan nie. Ek het ‘n rukkie gelede een aand saam met ‘n man geëet wat heftig teen God was. Dis seker sy keuse. Maar vandag wil ek jou my verhaal vertel.

Ongeveer ‘n kwarteeu gelede het ek iets gedoen, wat ek nooit gedink het ek sou doen nie. Ek was ‘n geharde, onverbiddelike  sakeman wat deur ‘n reeks gebeure, byna alles verloor het.

Dit was sonder twyfel die laagtepunt van my lewe; dit was asof die wêreld sy rug op my gedraai het. Maar te midde van die hartseer en die pyn, het iets vir my baie, baie duidelik geword. Dit was die feit dat God my liefgehad het.

Johannes 3:16 God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Dit is hoe lief Hy my gehad het! Ek het alleen onder ‘n groot ou boom gaan sit en gesê: “God, ek gee my lewe heeltemal aan U. Alles wat ek het. Alles wat ek is. Al my hoop, al my drome. Gee ek aan U. ”

Dit het vyf en twintig jaar gelede gebeur. Alles het nie eensklaps verander nie. Baie trane en uitdagings later, het Hy my by ‘n punt gebring; ‘n plek, waar ek weer my kop kon optel.

Alles was nie perfek nie. Dit het nie beteken dat ek geen probleme gehad het nie. Maar Hy het my op ‘n punt gebring waar Hy ín my gewerk het en deur my, ander kon seën, met die talente wat Hy aan my gegee het. En met al die op- en afdraandes sedertdien, kan ek eerlik sê dat ek niks sou wou verander nie.

Maak nie saak waar jy is nie, weet dit: Hy het jou so lief en Hy het beslis ‘n plan!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.