... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Seuns en Beddens

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 1:27 Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.

Listen to the radio broadcast of

Seuns en Beddens


Download audio file

Soms voel dit vir ons asof die lewe soveel makliker sou gewees het, as ons net ‘n bietjie meer geld gehad het, kom ons sê so 10% meer. Het jy al ooit so gedink? Maar kom ons dink aan mense wat wêreldwyd in verskriklike armoede lewe; gesinne wat enigiets sou gee om net 10% van ons besitting te kon hê.

‘n Paar jaar gelede het ek ‘n skool vir minderbevoorregte kinders in Indië besoek. Ek was verbaas om geen beddens in die plek te sien nie. Toe ek die skoolhoof vra: “Waarom?’ Antwoord hy dat hulle geen beddens kan bekostig nie.

Die besef dat die kinders op die betonvloer slaap, het my vreeslik ontstel. Ek het dit aan ‘n paar vriende genoem, en ons het saamgespan en ‘n bietjie geld vir beddens gestuur. ‘n Paar weke later ontvang ons ‘n foto van glimlaggende seuns in hul nuwe beddens. Vir die eerste keer in hulle lewens het hulle elk hulle eie bed gehad.

Dit is wat die skoolhoof geskryf het: Tuis slaap die meeste van hierdie kinders op vloere wat met beesmis gepleister is. Hierdie beddens gee hulle ‘n goeie nagrus weg van rotte en kakkerlakke. Baie dankie. Sjoe!

Jesus het ‘n passie vir die armes gehad. Jy kan nie meer as twee minute in die Bybel oor Jesus se lewe lees, sonder om dit te sien nie.

Jakobus 1:27 Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.

Miskien kan ek en jy nie die probleem van wêreldwye armoede oplos nie . . .  maar vanaand slaap ‘n paar seuns in beddens!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.