... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Krag vir Vandag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:10 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood,

Listen to the radio broadcast of

Die Krag vir Vandag


Download audio file

Die Goeie Nuus van Jesus kom in twee dele. Vergifnis vir ons sondes deur sy offer aan die Kruis, en ‘n nuwe lewe van nou af tot in ewigheid. Met ander woorde, vergifnis van die verlede, en krag vir die hede.

En dit is wonderlike nuus, nie waar nie? Maar ek het nou die dag iets gelees wat lui:

Die hedendaagse Christendom is geneig om meer te preek oor vergifnis van die verlede as oor mag vir die hede. Jesus het nie net gekom om ons te vergewe nie, maar om ons aan die brand te steek vir sy doel en sending hier op aarde, vandag!

Dis nogal waar, nè? Daar word so baie gefokus op Jesus se offer vir ons aan die Kruis. Dit is baie belangrik, want dit is immers die grootste liefdesdaad in alle ewigheid. Ja, ons moet stilstaan by Golgota en oorweldig word deur die grootheid van God se liefde, en ons harte moet met dankbaarheid en ons oë moet met trane gevul word.

Maar ons moet ook van daardie heuwel na die leë graf stap om die opgestane Christus te ontmoet, want Hy wil ons met krag vul. Die krag om heilig te leef. Die krag om sy wil te doen. Die krag om ander lief te hê soos Hy ons eerste liefgehad het. Die apostel Paulus skryf vanuit sy dodesel:

Filippense 3:10 Al wat ek wens, is om Christus te ken, die krag van sy opstanding te ondervind en deel te hê aan sy lyding deur aan Hom gelyk te word in sy dood,

Uit daardie verskriklike plek, het Paulus die mense aangemoedig, vermaan en God geprys … met soveel krag dat God vandag nog, deur hom, met ons praat.

Dit is natuurlik noodsaaklik dat jy die wonderlike vergifnis vir jou verlede, wat jy in Christus het, verstaan. Maar, mag jy dan soos Paulus, smag om Christus te ken en die krag wat Hom uit die dood opgewek het, te ondervind.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.