... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jesus is die Brood van die Lewe

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 6:35 Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.

Dis is nie ‘n grap om honger te wees nie. Het jy al ooit in ‘n vergadering gesit waaruit jy eenvoudig nie kon wegkom nie? Of was jy al in ‘n situasie waar daar geen kos beskikbaar was nie, terwyl jou maag ge-gor en gekla het van die hongerte? Dit is voorwaar nie snaaks nie.

As deel van my leefstyl vas ek met tussenposes. Dis ‘n baie gesonde ding om te doen, want dit gee jou liggaam ‘n blaaskans. Dit is bekend dat dit jou gesondheid verbeter en jou lewensduur inderdaad verleng. En sodra dit ‘n gewoonte word, pas jou liggaam eenvoudig aan en voel jy glad nie eers baie honger nie.

Maar aan die einde van ‘n vas, is daar niks lekkerder en meer bevredigend en meer voedsaam as om aan ‘n bord goeie, gesonde, natuurlike kos weg te lê nie.

Die rekord vir die langste vas, wat nog ooit opgeteken is, word gehou deur Angus Barbieri, ‘n 27-jarige Skot. Hy was so oorgewig, dat hy nie eers uit die bed kon opstaan nie. Hy het onder streng mediese toesig vir 382 dae net op water, vitamiene en ‘n bietjie gis geleef. Dit bewys dat ‘n mens lank sonder kos kan gaan; maar dan moet jy uiteindelik tog eet.

Maar weet jy wat my regtig pla, is dat soveel mense wat in Jesus glo, geestelik vas. Alhoewel fisiese vas baie voordele inhou, maak geestelike vas, dit wil sê, om vir God en Jesus te vermy, absoluut geen sin nie. Mense wat so leef, het byna geen gebedslewe nie. Hulle hoor God nooit praat nie en hulle wonder hoekom hulle honger ly. En dan vra hulle nog waarom Christen-wees net nie vir hulle werk nie. Dit maak nie sin nie.

Johannes 6:35 Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.

Jesus is die een wat lewe gee. Wanneer jy voel jy kwyn, gaan na Hom toe. Hy is die brood van die lewe.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.