... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Karakter is Belangrik vir God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Petrus 1:5-8 En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken.

Listen to the radio broadcast of

Jou Karakter is Belangrik vir God


Download audio file

Ons wil dit nie erken nie, maar God ontwikkel ons karakter op sy beste wanneer ons swaarkry. Ons weet dit, en tog, as dit moeilik gaan, wil ons ons situasie as ‘n verskoning gebruik om verkeerd op te tree. Hoekom doen ons dit?

Dit is ‘n werklike dilemma, is dit nie? As ons aan die eenkant gedurende daardie moeilike tye met God saamwerk – Hom aanroep, begeer om Hom beter te leer ken en na Hom te luister – sal Hy ons sonder twyfel sterker en wyser maak. Hy sal ons sonder twyfel dié mense maak wat ons geskape is om te wees – mense wat na sy beeld gemaak is.

Maar aan die ander kant, as die lewe sy rug op ons draai, is dit moeilik. Ons is in die versoeking om hand uit te ruk. Ons is in die versoeking om moed te verloor. Ons is in die versoeking om op die ashoop te gaan sit. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak, nè?

Die apostel Petrus het aan Christene wat intense vervolging ondergaan ‘n brief geskryf. In plaas daarvan om hulle te pamperlang, sê hy presies hoe hulle moet optree in:

2 Petrus 1: 5-8 En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken.

Luister nou mooi: Ek en jy is buitengewoon geseën in Christus. En soos ons Hom beter leer ken, neem die seën toe. En dit vorm die grondslag van karakter, wat laag op laag op die Rots gebou word, sodat ons sy natuur aan diegene rondom ons kan weerspieël.

Jou karakter is belangrik vir God.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.