... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Onthou die Goeie Tye

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 25:1 Here, U is my God! Ek wil U prys en u Naam loof! U het wonders gedoen; dinge wat U lankal besluit het, het U volgens plan uitgevoer.

Listen to the radio broadcast of

Onthou die Goeie Tye


Download audio file

Wanneer jy deur donker, moeilike tye worstel, is dit maklik om die helder, warm, sonnige dae te vergeet. Dit is maklik om swaarkry en somberheid toe te laat om jou onder te kry.

Ek het nou die dag iets gelees wat my regop laat sit het: Tot dusver het jy 100% van die moeilike dae in jou lewe oorleef. Dit gaan goed met jou!

En as jy daaraan dink, is dit absoluut korrek. Maar as jy deur beproewing en depressie gaan – en ek oordeel jou nie – troos jouself daaraan dat ons almal dinge in die lewe het wat ons onderkry. Ja, toemaar, ek weet dit troos jou nie regtig om te hoor jy is nie alleen nie!

En sê nou maar jy gaan vandag misluk?

Miskien is jy op die oomblik in ‘n donker gat, of miskien het jy nou net uit een gekom … of dalk lê daar net om die draai een vir jou en wag.

Wat jou ook al op die oomblik pla, hier is ‘n versie wat jou weer moed sal gee:

Jesaja 25: 1 Here, U is my God! Ek wil U prys en u Naam loof! U het wonders gedoen; dinge wat U lankal besluit het, het U volgens plan uitgevoer.

Dink terug, wanneer laas het God jou tydens ‘n moeilike periode gehelp? Onthou jy? Hoe het jy gevoel? Hoe het dit gebeur? Hoe het God jou daardeur gedra? Was jy verbaas toe jy sien hoe Hy dit hanteer het?

Slegte tye het in goeie tye verander, nie waar nie, want jou Vader in die hemel het wonderlike dinge gedoen! 

Hy is baie liewer vir jou as wat jy jou in jou wildste drome sou kon  voorstel. Wanneer jy terneergedruk voel, dink terug aan die tye toe God wonderlike dinge vir jou gedoen het .

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.