... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Opvatting versus Waarheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Timoteus 1:13,14 Neem die woorde wat jy van my gehoor het, as voorbeeld van gesonde verkondiging en volg dit na in die geloof en liefde wat ons in Christus Jesus het. Wat aan jou toevertrou is, is goed. Bewaar dit deur die Heilige Gees wat in ons woon.

Listen to the radio broadcast of

Opvatting versus Waarheid


Download audio file

 Een van die dinge wat ek opgelet het, is die feit dat dit deesdae vir ons baie maklik is om van die waarheid af te dwaal. Miskien het jy ook al agtergekom hoe groot die invloed van die voortdurende stroom van media boodskappe is? 

Dit lyk asof mense baie ywerig is om hul menings te lug, hetsy in die tradisionele media of in die troebel golf van die sosiale media. Maar weet jy, dit maak nie saak hoe hard daardie stemme mag skree nie; ‘n mening bly ‘n mening en dit is nie altyd die waarheid nie.

Dink net aan die media wat jy verbruik, die mense na wie jy luister. In watter mate het hulle jou alreeds beïnvloed? Bepaal hulle hoe jy dink en wat jy glo? En hoe meer ons die media glo, hoe meer sleep dit ons weg van God se Waarheid.

Dit is nie ‘n probleem wat uniek is aan ons 21ste eeuse mediagedrewe lewe nie. Kyk hoe die apostel Paulus dit gestel het toe hy in die eerste eeu aan sy jong dissipel Timoteus, geskryf het in:

2 Timoteus 1:13,14 Neem die woorde wat jy van my gehoor het, as voorbeeld van gesonde verkondiging en volg dit na in die geloof en liefde wat ons in Christus Jesus het. Wat aan jou toevertrou is, is goed. Bewaar dit deur die Heilige Gees wat in ons woon.

Met ander woorde, kom terug na God se Woord. Ken sy waarheid, glo sy waarheid, leef sy waarheid, dit maak nie saak hoe hard die wêreld se opinies die teendeel skree nie. Want wanneer jy al hoe nader aan Jesus kom, word sy wysheid, sy nederigheid, sy liefde, sy genade – wat direk teenoor die lawaai van die wêreldse opinies staan – soos ’n skat vir jou siel.

Dit maak nie saak hoe oordonderend die wêreld se opinies mag wees nie; hulle is geen plaasvervanger vir God se waarheid nie. Bewaar dit deur die Heilige Gees wat in ons woon.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.