... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Bonatuurlike

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 3:18 Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.

Listen to the radio broadcast of

Die Bonatuurlike


Download audio file

Glo jy in Jesus? Vertrou jy volkome dat dít wat Hy aan die kruis gedoen het, voldoende is om jou van die toorn van God te red? Miskien maak die vraag jou ongemaklik. Maar die rede waarom ek vra, is omdat dit ‘n kwessie van lewe en dood is.

Dit is dikwels die dinge wat ons nie kan sien nie, wat ons dood veroorsaak. Hoë bloeddruk, die opbou van plaak in jou hartvate, maagkanker en dies meer. In die meeste gevalle, wanneer die pasiënt simptome begin ervaar, is dit reeds te laat.

Jy kan die siekte aan die begin nie sien of voel nie, maar as dit toeslaan, is die impak verwoestend en dikwels dodelik. Snaaks hoe dit die verborge dinge is – die dinge wat ons nie kan sien nie – wat dikwels die stille moordenaars word.

Ons weet nou dat dit fisies waar is, maar weet jy dat dit is ook geestelik waar is? Al wil ons probeer om dit te ignoreer en te ontken – daar is ‘n geestelike dimensie aan die lewe. Ek ken soveel mense wat God as onbenullig afmaak, en sê: “Wel, ek kan Hom nie sien nie, Hy is nie deel van my verwysingsraamwerk nie – Hy is nie daar nie.”

Maar God is die groot onsienlike werklikheid. En vandag, net hier en nou, gee Hy elkeen van ons ‘n baie eenvoudige keuse. Glo in Jesus en jy het die Ewige Lewe, of verwerp Hom en jy beleef die ewigheid sonder God. En laat ons maar baie eerlik wees; laasgenoemde opsie is die hel.

Johannes 3:18 Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie.

Dis die waarheid. Dit vorm ‘n skrille kontras. ‘n Kontras tussen lewe en dood. Dit wat ons kan sien, het niks daarmee te doen nie.

Ja-nee, of ons dit wil weet of nie –  die dinge wat ons nie kan sien nie – is dikwels die stille moordenaars.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.