... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Doen aan ander …

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 6:31 Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.

Listen to the radio broadcast of

Doen aan ander …


Download audio file

Lag en huil lê op die teenoorgestelde pole van die emosionele spektrum. En die werklikheid is dat lag en trane byna altyd veroorsaak word deur dinge wat mense aan mekaar doen. Is jy iemand wat ander laat lag of laat huil?

Uiterlike voorkoms kan misleidend wees. Maar eerste indrukke is tog belangrik. Hoe reageer ons as ons iemand ontmoet wat … anders is? Ek vermoed dat die meeste van ons geneig is om mense op hul baadjie te takseer.

‘Ag, dit maak nie saak nie!’ Maar wat daarvan wanneer dit jy is, wat in die spervuur staan? Hoe voel jy wanneer ander mense jou vinnig beoordeel en jou sommer afskryf? Dit is nie baie lekker nie, nè? In werklikheid is ons baie meer krities op ander mense as op onsself. Ons is vinnig om te oordeel, maar as dit oor ons gaan, dan is dit ‘n ander storie. Dis so waar.

Maar dink mooi, weet ons nie presies watter dinge ons laat glimlag en watter ons laat huil nie? En jy weet ook dat hierdie selfde dinge ander laat glimlag en laat huil. Kyk bietjie wat sê

Lukas 6:31 Behandel ander mense soos julle self behandel wil word.

Wie het hiermee vorendag gekom? Jesus het. Daar word gereeld daarna verwys as dié goue reël; en tereg so. Dit is suiwer goud. ‘n Kosbare skat van wysheid wat die wêreld sou kon verander, as ons dit net begin uitleef.

Oorloë sou eindig. Konflik sou staak. Uitbuiting sal end kry. Onbeskoftheid en selfsug én mishandeling sou iets van die verlede wees. As ons maar net daardie goue reël van wysheid sou uitleef…

Doen aan ander wat jy wil hê dat hulle aan jou moet doen.

Wie kan jy vandag laat glimlag?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.