... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Blinde Geloof

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Luke 17:5,6 As julle maar geloof so groot soos 'n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: ‘Trek jou met wortels en al uit die grond uit, en plant jouself in die see,’ en hy sou julle gehoorsaam.

Listen to the radio broadcast of

Blinde Geloof


Download audio file

Baie mense dink dat geloof in God, en om Jesus te volg, net blinde geloof vereis.  Maar wie het in elk geval genoeg geloof om dié dinge, wat hierdie radikale Jesus van jou vra, te doen? Nee wat, dis baie veiliger om versigtig te wees, of hoe?

Het jy al ooit in die aandelemark belê? Bitter min mense doen dit. Dit gaan nie oor die geld nie, maar oor die risiko. Op die lang termyn sal mark aandele byna elke ander vorm van belegging oortref. Maar op die kort termyn, kan dit riskant wees.

Sommige mense sien God ook ‘n bietjie so. Besluit jy op die lang termyn, dat jy Hemel toe wil gaan? Waarskynlik. Maar op die kort termyn, is dit ‘n bietjie riskant – want dit vra Blinde geloof. Ek bedoel, as ek God in beheer van my lewe stel, hoe gaan dit eindig? Wat gaan Hy vir my laat doen?

Dit klink onverantwoordelik, om God in beheer te plaas. En so baie mense doen dit nie. Hulle skram daarvan weg. In hul hart, het hulle hulself oortuig dat hulle eenvoudig nie genoeg geloof het om daardie soort lewe te lei nie. Klink dit bekend?

Maar die ding wat ons so maklik miskyk, is dat God ‘n God is, wat vertrou kan word. Op die ou end het ons tog nie so baie geloof nodig nie.

Lukas 17:6 As julle maar geloof so groot soos ‘n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: ‘Trek jou met wortels en al uit die grond uit, en plant jouself in die see,’ en hy sou julle gehoorsaam.

Dit wys ons dat net die kleinste bietjie geloof genoeg is. Op die ou end oortref jou belegging in Jesus, enige ander soort belegging wat jy ooit in jou lewe kan maak.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.