... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ken jy Hom?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 103:15,16 Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras, soos dié van ‘n veldblom wat oopgaan: as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir altyd leeg.

Listen to the radio broadcast of

Ken jy Hom?


Download audio file

Ons is geneig om hierdie lewe te leef asof dit vir ewig aangaan. Maar dit gaan nie. Ons weet dit. En tog dink ons nog steeds ​​en tree ons op, asof dit sal. En wat gebeur wanneer dit verby is?  Wat dan?

Mense wêreldwyd is lief vir sport. Die meeste lande het ‘n spesifieke sportsoort waaroor die mense mal is. Dwarsdeur Afrika, Suid-Amerika en Europa is dit sokker. En vir nasies van  die ou Britse Gemenebes, is dit krieket. Gaan na die VSA en dit is bofbal, of basketbal.

En is dit nie net ongelooflik hoe baie van ons, ons sportmanne en -vroue as’t ware aanbid nie? En tog, net ‘n seisoen of twee later, is daardie selfde spelers wat ons verafgod het, vergete, terwyl ons die nuwe sterre op die horison bewonder.

Kan ek jou dus vra: wie of wat aanbid jy?

Gaan dit oor mense of dinge wat hier is vandag, en môre weg is? Of het jy jou lewe oorgegee aan iets of iemand wat Ewig is; iemand wat jou liefhet met die mees ongelooflike liefde; iemand wat omgee vir selfs die kleinste besonderhede van jou lewe?

Psalm 103:15,16 Die mens, sy lewensduur is soos dié van gras, soos dié van ‘n veldblom wat oopgaan: as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir altyd leeg. (’83-vertaling)

Of jy daarvan hou of nie, jou lewe en myne is omtrent net so tydelik soos die roem van ons grootste sportsterre. Vandag is ons hier en môre is ons weg.

 

En wanneer hierdie lewe verby is, is die enigste ding wat saak maak, die antwoord op hierdie vraag: Ken jy Jesus? Hierdie Jesus wat die melaatses genees, wat die armes liefhet, wat vir jou en my gesterf het, wat weer opgestaan ​​het, wat hunker daarna dat jy Hom, as jóú Redder aanvaar.  Ken jy Hom?

 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.