... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Wewer ‘The Weaver’

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:27 Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.

Listen to the radio broadcast of

Die Wewer ‘The Weaver’


Download audio file

Lyding maak nie sin nie. Dit is so onregverdig. God behoort nie toe te laat dat dit met my gebeur nie! Dit maak net nie sin nie. En die feit dat ek dit nie kan verstaan nie, maak my lyding net soveel erger.

Een van die moeilikste dinge in die lewe is om te ly. En dikwels roep ons in ons pyn uit: “Hoe kan God toelaat dat dit met my  gebeur?”

Ek het nie ‘n eenvoudige antwoord vir jou nie. Maar ek wil graag ‘n gedig met jou deel wat my begrip van die dinge, wat ek in my lewe deurgemaak het, weerspieël. Dit word “The Weaver” genoem en word so in Afrikaans vertaal.

My lewe is maar ‘n muurtapyt tussen my en my Here.
Ek kan nie die kleure kies nie, want Hy weef konstant.
Soms kies Hy donker drade en ek, in dwase trots,
 Vergeet Hy sien die bokant en ek die onderkant.

 Nie voordat die weefstoel stil is en die weefspoele ophou vlieg nie,
Sal God die doek ooprol en die rede verduidelik
Die donker drade is net so nodig in die bekwame wewershand,
Soos die drade van goud en silwer, in die patroon wat hy beplan.

Pragtig, nè! Vir my maak dinge ook nie altyd sin nie, maar God weet wat hy doen. Daar is ‘n plan. Alles werk uiteindelik uit.

Net voordat Hy gekruisig is, en sy dissipels verlam was van angs, oor die sluipmoord wat besig was om te broei, het Jesus dit vir hulle gesê:

Johannes 14:27 Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie.

Laat ek jou dus vra, as jy swaarkry, waarheen sal jy draai?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.