... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Rein Hande en Suiwer Hart

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 24: 3-5 Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan? Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie. So iemand sal van die Here seën ontvang, en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied.

Listen to the radio broadcast of

Rein Hande en Suiwer Hart


Download audio file

Ons het elkeen ‘n verskoning. Ons sê dat die klein dingetjies nie saak maak nie. Die klein kompromieë wat ons aangaan, pla God nie regtig nie. Dit is onbelangrik. Dít is óns denkpatroon. Dis nie God s’n nie.

Deesdae lyk dit asof byna alles wat mense doen, vir hulle oukei is. Oorbesteding op jou kredietkaart? Hoekom nie?! ‘n Bietjie kreatiewe boekhouding by die betaling van belasting? Dit is tog net die regering, hoekom nie?

Die vrou wat daardie lae halslyne werk toe dra om koppe te draai. Die man wat loer na die vrouens wat in die straat afstap. Die jongmense wat in die winkelsentrum voor die ouer mense indruk en stoot, die totale afwesigheid van ‘n bietjie hoflikheid en respek. Ja, dit wil voorkom asof alles deesdae oukei is.

Nou kan jy sê: ‘Berni, jy is net outyds. Kom by.’ Maar ons weet tog dat die dinge wat ons doen, gevolge het. Hulle hét altyd en hulle sal altyd.

Kan ek iets radikaal met jou deel? Ek bedoel iets regtig radikaal.

Psalm 24: 3-5 Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan? Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie. So iemand sal van die Here seën ontvang, en God, sy redder, sal reg aan hom laat geskied.

Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan? Mans wat nie sal kul nie, vroue wat nie sal verlei nie, jong mense wat ‘n bietjie respek toon. Mense met rein hande en suiwer harte.

Luister! Daardie klein kompromieë het katastrofiese gevolge. Maar daar is ‘n ander manier. Rein hande en ‘n suiwer hart, met God as ons helper. Watter manier kies jy?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.