... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Beste vir sy Kinders

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Johannes 5:1 Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is 'n kind van God; en elkeen wat vir die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is. 

Listen to the radio broadcast of

Die Beste vir sy Kinders


Download audio file

Ons het almal die neiging om kompromieë in ons lewens toe te laat. En jy weet, as ons dit doen, is dit soos om die duiwel ‘n vastrapplek te gee om ons lewens te plunder. En dit … dit is iets wat God nie vir jou wil hê nie. Nee man, Hy het iets anders in gedagte.

Daar is iets spesiaal daaraan om kinders te sien speel. Ek glo dat die meeste ouers die beste vir hul kinders wil hê; dat hulle drome en ideale vir hulle het. Om sommer net met iets minderwaardig tevrede te wees nie? Om sommer net te bestaan; aan gewone dinge te dink en dinge sommer traak-my-nie-agtig te doen, nooit briljant nie. Nie die beste nie. Ons kyk iets op TV en dink: ‘Ja, dit was seker oukei.’

Maar as iemand ons dan vra: “Wil jy dit vir jou kinders hê? Wil jy hê dat hulle dit moet sien of so moet dink?” Dan antwoord ons vinnig: “Beslis nie,” want ons wil natuurlik die beste vir ons kinders hê.

En as ons so begaan is oor ons kinders, dink dan aan hoe God voel. Dink net hoe moet sy hart breek, as Hy na die drek, wat in ons lewens aangaan, kyk? Dink jy nie dat Hy soos enige ander pa die beste vir jou wil hê nie?

1 Johannes 5:1 Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is ‘n kind van God; en elkeen wat vir die Vader liefhet, het ook die ander lief wat kinders van die Vader is. 

Dit wys ons dat Hy die heel beste vir ons wil hê. Miskien is dit vandag die dag om ‘n bietjie voorraad van jou lewe te neem; om van die gemors in jou lewe ontslae te raak, dié dinge wat jy voor jou siel weet nie die beste vir jou is nie.

Want as jy in Jesus glo, dan is jy een van God se kinders. En Hy wil net die beste vir jou hê.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.