... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ek is lief vir Katoeters

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:26 en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Listen to the radio broadcast of

Ek is lief vir Katoeters


Download audio file

Dit is maklik om heeltemal oorweldig te word deur al die nuwe tegnologiese toestelle wat beskikbaar is. Ons weet almal hoe tegnologie ons lewens verander, maar daar is iets anders, of moet ek sê, Iemand anders, met soveel meer krag, dat Hy jou hele lewe totaal kan hervorm. Dit laat ‘n mens se asem wegslaan.

Ek is mal oor my ‘gadgets’ of katoeters. Ek was nog altyd, en ek vermoed dat ek altyd sal wees.

Dink daaroor na. Jy sê vir jou slimfoon: ‘Speel vir my van my gunsteling musiek.’ ‘Wanneer is my volgende afspraak?’ ‘Neem my soontoe.’ ‘n Toestel wat my verstaan! Hmm. Ek hou daarvan. Ek glo nie dat ons selfs vyf jaar gelede, sou kon voorspel, watter omwenteling tegnologie in ons lewens sou bring nie.

Ek het oor die jare soms gestoei met godsdiens en wat daarmee saam gaan. En weet jy hoekom? Ek het dit nie verstaan nie, en gedink dit verstaan my ook nie. Ons was op verskillende planete en is in baie opsigte nog steeds.

Maar Jesus, dis ‘n ander saak. Hy praat my taal. Ons verstaan mekaar. Hy lewe werklik. Ek gee toe, die slimfoon-ding is fantasties. Maar om met Hom te praat, Hom te hoor praat, te sien hoe Hy my lewe voor my oë verander … dis onbeskryflik.

Johannes 14:26 dat Jesus gesê het: en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Weet jy, hoe nader jy aan Jesus kom, hoe meer smag jou hart daarna om Hom te volg. Jy begin verstaan dat Hy die krag van die Heilige Gees in jou lewe vrystel om jou helper te wees. Om jou te help om jou potensiaal, waarvoor God jou gemaak het, te bereik.

Ek sou nooit, in my wildste drome, die krag wat Hy het om ‘n lewe te verander, vir myself kon voorstel nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge