... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kyk na die lewe, vanuit God se perspektief

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jesaja 40:21,22 Weet julle dan nie, het julle nie gehoor nie, is dit nie van die begin af aan julle bekend gemaak nie, het julle nie 'n begrip van hoe die aarde ontstaan het nie? God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos 'n tentdoek, oop soos 'n tent vir die mense om onder te woon.

Listen to the radio broadcast of

Kyk na die lewe, vanuit God se perspektief


Download audio file

Jy sal my gereeld hoor praat oor perspektief. Dit beteken, hoe nader iets is, hoe groter lyk dit en hoe verder dit is, hoe kleiner lyk dit. Jou perspektief verander eintlik die werklikheid vir jou. Ongelooflik.

Goed, laat ons vir ‘n oomblik aanvaar dat God inderdaad God is; dat Hy vir jou en my geskape het, en dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het, om vir ons aan die Kruis te sterf.

As dit alles waar is, hoe sien God jou? Ek bedoel, as jy deur dieselfde venster na jouself wil kyk, as wat God jou sien – hoe lyk die venster?

Is dit ‘n klein venstertjie? Die soort wat nie veel lig inlaat nie? Of die soort waarmee jy nie ver vooruit kan sien nie? Kyk God deur ‘n nou venster na ons lewens, of het Hy ‘n baie wyer perspektief; ‘n groot venster; wat oorvloedige lig laat instroom? Dié soort, wat hom toelaat om moontlikhede verder in die toekoms te kan sien, as wat jy ooit sou kon sien?

Kom ons vra, watter soort perspektief God op jou lewe het.

Jesaja 40: 21,22 Weet julle dan nie, het julle nie gehoor nie, is dit nie van die begin af aan julle bekend gemaak nie, het julle nie ‘n begrip van hoe die aarde ontstaan het nie? God het sy troon bokant die hemelkoepel, die aardbewoners is vir Hom soos sprinkane. Hy span die hemel oop soos ‘n tentdoek, oop soos ‘n tent vir die mense om onder te woon.

Hier’s die antwoord: God het ‘n volmaakte perspektief. Die volgende keer wat jy ‘n probleem het, wat te groot is vir jou om te hanteer … onthou, ons God is ‘n groot God. Hy sien baie meer as wat ons sien; Hy sien alles, en sy almag kan ons nie peil nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge