... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Lastige Onderbrekings

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 16:33 Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

Listen to the radio broadcast of

Lastige Onderbrekings


Download audio file

Nie een van ons geniet dit as teëspoed jou tref nie. Maar vanuit God se perspektief, het teëspoed ‘n spesiale plek in ons lewens. Daarom moet ons leer om teëspoed reg te hanteer. Stel jouself die situasie voor: Alles gaan voor die wind en skielik tref ‘n draaibal van die linkerkant af, jou reg op die krop van jou maag. Een oomblik gelede was alles nog perfek en die volgende oomblik lê jy en krul van die pyn en hyg na asem. Het jy al opgelet hoe dinge so onverwags verander; dinge wat jou beroof van jou vrede en jou vreugde. Probleme oorval jou uit die bloute. In ‘n oogwink is jou lewe omskep in totale chaos. Soms kom ons seëvierend uit die situasie. Ander kere wil ons in ‘n hopie gaan sit en onsself bejammer, moed opgee, iemand blameer, of teen ons beterwete iets dom doen. Ons laat toe dat ‘n onverwagte draaibal ons lewens verwoes. In ‘n oogwink is ons hele dag bederf, omdat ons nie daarvoor voorbereid was nie. Johannes 16:33 Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” Moenie verbaas wees as probleme opduik nie. Dit het met Jesus gebeur. Dit gaan met jou gebeur. Verwag probleme, want dit kom. Maar, as jy moed wil verloor, weet dit: Jesus, jóú Jesus, het al die probleme van hierdie wêreld oorkom. Wees dus dapper. Moenie toelaat dat die moeilikheid jou onverwags betrap nie. En as dit kom, weet dat jou Verlosser al die veldslae gewen het. Hy het inderdaad die hele oorlog gewen. Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. Jesus. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge