... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kommunikasie in ‘n Tegnologiese Wêreld

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 10:51,52 Jesus vra vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” “Rabboeni,” sê die blinde man vir Hom, “dat ek kan sien.” Jesus sê daarop vir hom: “Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered.” Dadelik kon hy sien en het hy op die pad agter Jesus aan gegaan.

Listen to the radio broadcast of

Kommunikasie in ‘n Tegnologiese Wêreld


Download audio file

Hier is ‘n vreesaanjaende gedagte. Hoeveel tyd spandeer jy op jou tegnologiese toestelle en hoeveel tyd spandeer jy aan mense? Vir baie mense is die antwoord op hierdie vraag ontstellend.  Ek doen baie van my werk op ‘n sleutelbord in my studeerkamer. Dit is ‘n wonderlike werkruimte; ek het ‘n lieflike uitsig oor ‘n paar groot ou bome en dis stil en gemaklik. Maar toe ek nou die oggend in my stoel terug leun, om my gedagtes te orden, was ek geskok deur dit wat voor my was. Daar was ses kommunikasie toestelle op my lessenaar. My slimfoon, my huistelefoon, my werktelefoon, my rekenaar, die tablet met my Bybels en biblioteek daarop, en my slimhorlosie wat my oefening en mobiliteit meet, en snaaks genoeg, hy sê ook hoe laat dit is! Kan jy dit glo? ‘n Vinnige videokonferensie na Parys of Hyderabad, geen probleem nie. Dit is deesdae net só maklik, want ons leef in die mees tegnologies gevorderde tyd in die ganse geskiedenis. Enige inligting wat ons nodig het, is daar met die druk van ‘n knoppie. Dis tragies – hoe meer toestelle ons het, hoe minder kommunikeer ons met mense. Hoe meer e-posse jy moet beantwoord, hoe minder tyd bestee jy daaraan om ‘n vriend oor ‘n koppie koffie te ontmoet; om iemand persoonlik te ontmoet, of sommer net iemand te bel om te vra: “Hoe gaan dit met jou?” Markus 10: 51,52 Jesus vra vir hom: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” “Rabboeni,” sê die blinde man vir Hom, “dat ek kan sien.” Jesus sê daarop vir hom: “Jy kan maar gaan. Jou geloof het jou gered.” Dadelik kon hy sien en het hy op die pad agter Jesus aan gegaan. Die wonderwerk het gebeur omdat Jesus, tussen die mense geleef en beweeg het. Hy was betrokke en wou die blinde man help. Wat moet ons hieruit moet leer … Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge