... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Doodgewone Mens

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 68:35,36 Erken dat God magtig is! Hy heers oor Israel, Hy het mag oor die wolke! God wek ontsag wanneer Hy uit sy heiligdom kom. Hy is die God van Israel, Hy gee krag en sterkte aan sy volk. Aan God kom die lof toe.

Listen to the radio broadcast of

‘n Doodgewone Mens


Download audio file

Die ding wat soveel mense keer om God te dien en Hom te volg en sy roeping op hul lewens te gehoorsaam, is omdat hulle dink hulle is nie goed genoeg vir God nie. Kan God ooit deur ‘n gewone mens soos ek werk?

Ek het nou die dag saam met Barry Chant, wat in 1979 die Tabor Bible Kollege gestig het, gaan koffie drink. Hy is ‘n plat-op-die-aarde man  onder wie ek studeer het. Hierdie Kollege het sedertdien letterlik duisende studente opgelei. Vandag dien hulle die Here orals in die wêreld op verskillende wonderlike maniere.

Ek onthou baie duidelik hoe emosioneel hy geword het, terwyl hy sommige van hulle verhale met my gedeel het. Hy kon skaars die woorde uitkry. Hier is ‘n gewone man wat sy lewe daaraan gewy het, om sy geloof met ander te deel. Hierdeur is God se boodskap na plekke geneem waaraan hy nie in sy wildste drome kon dink nie.

Laat ek jou sê, elke keer as ek op ‘n vliegtuig na Kenia, Namibië, Indië of die VSA klim, dank ek God vir hierdie man. Die Here het my deur hom toegerus, om sy roeping te vervul.

En dis hoe dit werk. As ons ons doodgewone gawes en vermoëns in God se hande plaas, is Hy in staat om buitengewone dinge daarmee te doen.

In Psalm 68:35,36 skryf Dawid: Erken dat God magtig is! Hy heers oor Israel, Hy het mag oor die wolke! God wek ontsag wanneer Hy uit sy heiligdom kom. Hy is die God van Israel, Hy gee krag en sterkte aan sy volk. Aan God kom die lof toe.

Die Here is magtig, en waardig om ons lof ontvang. En weet jy, dat Hy op soek is na meer gewone mans en vrouens, mense net soos Barry, deur wie Hy kan werk.

God sal wonderbaarlike dinge doen deur gewone mense wat bereid is om Hom te gehoorsaam.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge