... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Gefokus op die Ewigheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 14:6 Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.

Listen to the radio broadcast of

Gefokus op die Ewigheid


Download audio file

“Christene, agge nee. Jesus dit, Jesus dat, Jesus is die enigste weg. Wie dink hulle is hulle?” Dit is hoe baie mense dink. Dit was presies hoe ek gedink het. Die probleem is, die waarheid is die waarheid, dit maak nie saak hoeveel jy skop en spartel nie, jy kan dit nie verander nie. Dit bly steeds die waarheid.

Die meeste van ons is deesdae so gefokus op wat hier en nou gebeur, dat ons amper vergeet het hoe dit voel om oor môre te droom – wat nog te sê van die ewigheid.

Weet verseker; die ewigheid is ‘n baie lang tyd. Miskien is dit die moeite werd om daaroor na te dink. Baie mense sê deesdae dat dit nie saak maak waarin jy glo nie – solank jy net met jou hele hart glo, dan sal jy oukei wees.

Jesus het ons egter nooit daardie opsie gegee nie.

Toe een van sy dissipels vir Jesus vra wat die weg na God is, antwoord Hy in:

Johannes14:6 . . . “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”

Nou ja, ek jammer as dit nie polities korrek is nie. Ek is jammer as dit aanstoot gee. En ek is jammer as dit nie pas by jou siening van hoe God behoort op te tree nie.

Maar as God God is, dan kan Hy kies. En sy keuse was om sy Seun, Jesus, te stuur om te sterf en te betaal vir jou en my mislukkings sodat wanneer ons in Hom glo, ons die ewige lewe kan hê.

Dit is dit! Geen as, geen maar, geen miskien nie!

Ek het onlangs êrens gelees: “God is nie wie ons dink Hy behoort te wees nie; ook nie wie óns miskien wil hê Hy moet wees nie. God ís wie Hy sê Hy is. ”

Dit is ‘n struikelblok vir baie mense. Jesus is vir baie mense ‘n struikelblok.

Hy. . . “ is die weg en die waarheid en die lewe.” Niemand kom na die Vader toe behalwe deur Hom nie.

Aanvaar dit en leef daarvolgens. My gebed vir jou is dat jy dit sal aanvaar.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge