... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Spatsel Kleur

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Week: 2040 Psalm 52:10 Maar ek staan sterk soos 'n welige olyfboom; ek is in die huis van God en ek steun altyd daarop dat Hy vir my sorg. Maar ek staan sterk soos 'n welige olyfboom; ek is in die huis van God en ek steun altyd daarop dat Hy vir my sorg.

Listen to the radio broadcast of

‘n Spatsel Kleur


Download audio file

Ek is oud genoeg om die outydse swart-en-wit televisie stelle te onthou. Dit is immers waarmee ek grootgeword het. Maar toe ek eendag die eerste keer ‘n kleur-TV in ‘n winkelvenster sien, was ek heeltemal betower. Tot op daardie stadium het ek geen idee gehad wat ek mis nie.   Ek het die ander dag ‘n pragtige foto gesien. Dit was ‘n swart-wit nabyskoot van ‘n struik in ‘n tuin. En daarop sit daar toe ‘n pragtige helder oranje vlinder, wat ‘n verruklike kontras op die swart-wit agtergrond vorm. Dit is ‘n foto waarna ek keer op keer kyk, want dit spreek tot my op diep vlak.   Voordat Jesus in my lewe ingekom het, het ek gedink dat ek ‘n heel skaflike lewe het. Maar, as ek vandag terugdink, besef ek  dit het soos die swart-wit-agtergrond van die foto gelyk.   Die dag toe Jesus in my lewe instap, beland ‘n verruklike kleurskyf in die middel van my landskap. Nee wag, dis nie heeltemal reg nie. Dit het my in die middel van my wese getref; dit het soveel dinge verander – wie ek is, hoe ek die wêreld sien, selfs hoe ek oor die toekoms voel. Hierdie lewendige kleur het my hart, my wese, my plat, monochroom lewe heeltemal verhelder.   En daardie gevoel van verwondering en ontsag, van lig en kleur, het my nog nooit verlaat nie. Maak dit sin? Wat eers dood was binne-in my, het lewe gekry.   Koning David het dit effens anders gestel in:   Psalm 52:8 Maar ek staan sterk soos ‘n welige olyfboom; ek is in die huis van God en ek steun altyd daarop dat Hy vir my sorg.   Dit is wat gebeur as Jesus die kern van jou lewe word. Dit maak nie saak waarheen jou lewenspad loop nie, dit maak nie saak hoe plat of monochroom of leweloos die hede is nie, maar ‘n oorvloedige polsende lewe wag op jou.   Die antwoord is Jesus.   Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge