... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Net Een Boek

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 20:30,31 Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.

Listen to the radio broadcast of

Net Een Boek


Download audio file

Ek ken baie mense wat sê dat hulle in God glo, en tog is hul lewe nie naastenby wat Hy belowe het, dit sal wees nie. Maar daar is altyd ‘n rede daarvoor. Die rede is dat hulle nie ‘n persoonlike ontmoeting met Jesus, sy Seun, gehad het nie.   Ek wonder, wanneer was die laaste keer dat jy ‘n boek van voor tot agter deurgelees het? Verlede week, verlede maand … miskien baie lank gelede.   As jy net een boek kon lees, watter boek sou jy lees? Dis nogal ‘n probleem, nie waar nie? Wie het die tyd? Waar kry jy deesdae tyd om ‘n hele boek te lees?   Nou ja,  hier’s ‘n uitdaging vir jou: daar is een boek wat net twee uur sal neem om te lees. Ons kan mos almal ‘n paar uur afknyp?   Dit is een van ses en sestig boeke in ‘n versameling wat ons deesdae die Bybel noem. Meer as die helfte van hulle neem minder as ‘n halfuur om te lees. Is jy seker jy het geen tyd nie?   Hoe dit ook al sy, die een boek wat ek aanbeveel is die Evangelie van Johannes, die vierde boek van die Nuwe Testament. Dit is ‘n weergawe van die lewe van Jesus Christus. En dit is geskryf met ‘n baie spesifieke doel in gedagte: Luister wat staan in:   Johannes 20: 30,31 Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.   Ongeag wie jy is of wat jy glo, wil ek jou aanmoedig om die een boek – Johannes – in ‘n hedendaagse vertaling te bekom en dit te lees.   Dit is ‘n aangrypende vertelling en jy weet nooit of Jesus, terwyl jy lees, dalk net sal opdaag.   Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge